CONTACT DETAILS

...

Office Secretary
Suréna Markram


Office Hours

Mon – Fri:
09H00 – 13H00

Tel: +27 (53) 927 3084

Fax: +27 (0) 86 604 8084


P.O. Box 644
Vryburg
8600

Email:

pvsa@aviculturesa.co.za

PARROTS

Turq.-Opaline-Ringneck.jpg

NO. OF VISITS

Content View Hits : 43209
NEWS PDF Print E-mail

PVSA SIMPOSIUM

EN

ALGEMENE JAARVERGADERING

Sodra meer inligting beskikbaar is oor die Algemene Jaarvergadering en Simposium vir 2012 sal dit onmiddelik deurgegee word.  Kyk dus uit vir meer inligting hieromtrent.

Kostes en verblyf aanduiding sal ook spoedig met lede gekommunikeer word.




BELANGRIKE KANTOOR INLIGTING vir 2012

LEDEGELD

Verskeie ledegeld vir 2011 is nog uitstaande.

Lidmaatskap verval op 31 Desember, indien u nie vir 2011 opbetaal is nie.
Hernuwing van u lidmaatskap is nie eers betaalbaar wanneer u ringvoorraad
uitgeput is nie – dit moet jaarliks betaal word voor 31 Mei.  
Op die 2011 Algemene Jaarvergadering is besluit dat ledegeld vir 2012 dieselfde sal bly soos vir 2011 –

GEAFFILIEERDE LEDE    =   R180.00 per jaar
KLUBLEDE                    =   R90.00 per jaar    (Moet asb. nie heirdie geld in die PVSA se
rekening betaal nie, hierdie gelde is by u onderskeie klubs betaalbaar.)
            
INTREEGELDE              =   R50.00 eenmalig (nuwe aansluitings)
HERAANSLUITING        =   R50.00 (indien u lidmaatskap 31 Desember verval het).


RINGE

Daar bestaan verwarring dat ringe gelewer word binne 4 weke vanaf die besteldatum  
van elke betrokke lid – Byvoorbeeld:
As u dus u bestelling enige datum na die 10de  van ’n maand deurstuur, word dit by die 10de van die volgende maand  se bestellings verwerk en sal u dit eers teen die 10de van die daaropvolgende maand in die pos ontvang.
Lede moet asseblief alle bestellings en betalings met die kantoor bevestig om teleurstelling te voorkom!

PRYSE

Die PVSA bestuur maak elke jaar prysaanpassings op ringe en ander produkte. Aanpassings op ringe is vanaf 11 Desember jaarliks van toepassing en word op die webblad (www.aviculturesa.co.za) aangebring.  
Nuwe pryse, indien enige aanpassing, op alle ander produk is vanaf 1 Januarie jaarliks geldig.
Bestelvorms word met ‘n jaartal voorsien - vergewis uself asb. te alle tye van die korrekte vorms.

KLUBS

Inligting en kontakbesonderhede van klubbestuur moet die kantoor asb. tydig bereik, aangesien dit dadelik op die PVSA webblad geplaas moet word. Hierdie besonderhede moet ook voortaan deur klubs self aan die AVIZANDUM rapporteer word vir verandering op die “CLUBS AND ASSOCIATIONS” –advertensieblad.

 


Copyright © 2010 AVI Culture SA. All rights reserved. Designed and Hosted by WEBNIC.